God se Woord VARS vir jou Vandag

Wanneer Jou Self-Help-Plannetjies Misluk

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2952

Send us a text

Jakobus 1:13-15 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood. 


Gister het ons gesien dat die wêreldwye selfhelpbedryf op ‘n finansiële vlak wel die moeite werd is! Dis reg; dis jaarliks miljoene werd en dit gaan na verwagting teen die einde van die dekade in waarde verdubbel. Te oordeel aan die groot bedrae wat mense net eenvoudig aanhou om te spandeer daarop, wonder ‘n mens of dit 'n noemenswaardige verskil aan hul lewens maak.

Kyk, verstaan my mooi, ek stel nie vir een oomblik voor dat dit alles gemors is nie. Al is daar 'n paar bedrieërs daar buite, wat net agter die mense se geld aan is, is daar natuurlik ook dié wat goeie raad gee.

Het jy al ooit hierdie selfhelp-ding probeer? Jy identifiseer iets in jouself wat nie reg is nie; iets wat jy wil verbeter. Jy kry raad, jy trek jouself op ‘n knop, jy sê vir jouself dinge sal verander ... maar jy gly net weer terug in dieselfde negatiewe ou gedragspatroon.

Moenie dink jy is ‘n uitsondering op die reël nie. Ek dink ons het almal al in daardie strik getrap. Maar … hoekom gebeur dit?

Jakobus 1:13-15 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Dit gaan alles oor ons eie begeertes. Jy kan nie jou gedrag verander tensy jy anders dink oor wat jy wil hê nie. En die gevolge van daardie selfsugtige begeertes word erger, en erger … en erger. So wanneer selfhelp-plannetjies jou in die steek laat … gaan na God toe. Hy sal jou help om jou selfsugtige begeertes te verander.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY