God se Woord VARS vir jou Vandag

Daar is ‘Wysheid’...Maar dan is daar Wysheid!

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2953

Send us a text

1 Korintiërs 3:18-20 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: “Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,” en op 'n ander plek: “Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.” 


Het jy al ooit na iets gekyk wat iemand doen en gedink, "Hoe kan hulle so dom wees?" Wel, is hulle regtig so dom … of is daar iets anders aan die gang?

Jy het seker al van die toring van Pisa, wat na die eenkant oorleun, gehoor? Tydens die eerste fase van sy konstruksie, wat in die jaar1173 begin het, het die toring begin insink weens die onstabiele grond onder die fondamente. Hulle het toe vir byna ’n eeu lank die werk, wat reeds drie verdiepings hoog was, gestaak. Toe hulle weer in die jaar1272 begin het, is die nuwe vloere doelbewus ontwerp om een kant hoër as die ander te wees, om te vergoed vir die helling.

Maar die toring het bly sink en kantel tot in 2008 toe stabiliseringspogings uiteindelik voltooi is –  net mooi 835 jaar nadat die eerste sooi gespit is. Is mense regtig so dom? Of kan dit wees dat ons mense so verknog is aan dinge wat ons op onstabiele fondamente gebou het, dat ons uiteindelik alle gesonde verstand heeltemal ignoreer?

1 Korintiërs 3:18-20 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: “Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,” en op 'n ander plek: “Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.”

Daar is 'n hemelsbreë verskil tussen wêreldse wysheid en goddelike wysheid. En wanneer jy in wêreldse wysheid vasgevang is, lyk God se wysheid onsinnig. Wanneer jy hardkoppig aanhou om 'n skuins toring verder te bou, lyk die idee om dit af te breek en van vooraf te begin, belaglik ... terwyl die werklik belaglike opsie, om 'n skuins toring te probeer bou, amper ‘n duisend jaar geneem het...

Ja, my vriend, wanneer dit by God se wysheid kom, moet ons weer dink, nè? 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY