
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Nuwerwetse Ingesteldheid
1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV)
Deesdae is dit ‘n baie groot uitdaging om nie mense se gevoelens seer te maak nie. Met die vinnige opgang van identiteitspolitiek; en noudat soveel verskillende identiteite deur die gemeenskap aanvaar word, kan dit voel asof jy permanent op die eiers van politieke korrektheid loop.
Toemaar, ek verstaan dat die wêreld besig is om te verander. Party veranderinge is vir ons beswil, maar party ander is... nie so eenvoudig nie. Om die landmyne van mense se gevoelens te ontwyk, is dus dikwels 'n moeilike en delikate ding om te doen.
En tog is daar 'n paar basiese beginsels wat nooit verander nie. Kyk wat sê die apostel Petrus:
1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV)
Ons kan, sonder om hulle te verkleineer, sonder om hulle seer te maak, van mense verskil. Wanneer ons in liefde van hulle verskil, kan hulle steeds seergemaak voel, en weet jy, dit is iets wat ons nie kan beheer nie. Maar, kom ons doen dit met vriendelikheid, sagmoedigheid en liefde as ons van hulle gaan verskil.
En om voor te gee om iemand te wees wat jy nie is nie; om oneerlik te wees; om leuens te vertel; om mense doelbewus te flous en te bedrieg - is tog nie hoe ‘n mens wil lewe nie. Nee, my liewe mens, moet dit nie doen nie. Jaloesie en skinderpraatjies gaan hand aan hand … en as gevolg van ons eie gebrekkige selfbeeld, is dit dikwels baie moeilik om te vermy, maar ons moet hierdie gedrag aanspreek.
Ja, ek verstaan dat daar, wanneer dit by mense se emosies kom, in hierdie vinnig veranderende wêreld soveel landmyne is waaroor ons baie versigtig moet tree. Maar, as ons eerlik is, is daar sommige dinge wat ons redelik maklik kan verander.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.