God se Woord VARS vir jou Vandag

Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2956

Send us a text

Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV) 


Ek haat dit as iemand vir my iets oor my houding of gesindheid wil vertel wat ek nie wil hoor nie … en tog, diep binne-in, weet ek dat ek dit moet hoor. Ek weet ook dat ek moet gehoorsaam. Ek weet ek moet my ingesteldheid verander, maar ek wil nie. Hoe reageer jy as iemand jou reghelp?

En een van die dinge wat ék dink ons almal moet hoor, is dat ons soms dinge sê en doen, wat regtig nie baie mooi is nie.

Nouja, ek kan hier sit en jou slegsê en jou die leviete voorlees oor hoe om op te tree, hoe om beter te doen … totdat ek blou in die gesig is. Maar gaan dit regtig oor 'n week, oor 'n maand of oor 'n jaar van nou af, enige verskil aan jou lewe maak? Nee, my vriend, ons weet albei dis hoogs onwaarskynlik!

Maar ek weet dat dit 'n kragtige verskil in jou lewe gaan maak as God dit uit sy liefde vir jou sê; uit sy genade teenoor jou; met die krag wat net Hy het om 'n hart, wat verhard het, te versag … wel …

Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV)

Miskien is dit nou nie heeltemal wat jy vandag wou hoor nie. Maar, soos Leonard Ravenhill, ‘n 20ste eeuse Britse skrywer en evangelis, eenkeer gesê het: “As jy gewild wil wees, verkondig geluk. As jy ongewild wil wees, verkondig heiligheid.” Moet dus asseblief nie vandag die boodskapper skiet nie!

Maar deur God se genade, in die krag van die Heilige Gees, sê ek vir julle, gee goddeloosheid en wêreldse begeertes prys, en leef 'n lewe wat selfbeheersd, opreg en godvrugtig is.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY