
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Onsekerheid en Hoop
Prediker 11:5 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.
Terwyl ons aan die toekoms dink, bevind ons onsself in ietwat van 'n dilemma. Aan die een kant smag ons na sekerheid. Ons wil regtig weet hoe dinge vir ons gaan verloop. Maar aan die ander kant, weet ek nie of jy byvoorbeeld wil weet, presies wanneer jou tyd op hierdie aarde sal verstryk nie? Ek dink nie jy wil dit weet nie.
Ons leef hier in niemandsland. Ons sit tussen twee vure: tussen ons begeerte na sekerheid, en aan die anderkant vermy ons die idee dat ons toekoms klaar uitgestippel kan wees; en dat niks wat ons kan doen, die uitkoms sal verander nie.
Ek wens soms – ja, dis die waarheid – ek wens dat God net sal instorm en vir my sê wat Hy vir my beplan. Hoe gaan dit uitwerk? En wat van daardie ding? Hoe gaan Hy daardie ding laat uitwerk? Die realiteit is egter dat dinge net nie so werk nie; Hy werk nie so nie. Soos die wyse ou koning, Salomo, sowat drieduisend jaar gelede uitgewys het in …
Prediker 11:5 Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van ’n swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.
Daar is soveel dinge wat ons nou eenvoudig nie verstaan nie en weet jy, wat meer is: daar is soveel dinge wat ons waarskynlik nooit sal verstaan nie. Op dieselfde manier weet ons nie wat God gaan doen nie ... en tog is Hy die een wat alles laat gebeur.
En dit is 'n goeie ding. 'n Baie goeie ding.
Henri Frédéric Amiel, die 19de-eeuse Christelike filosoof, het eenkeer opgemerk: In Onsekerheid neem ons ons toevlug tot Hoop. En wanneer ons ons hoop op God vestig, sal daardie hoop nooit teleurstel nie, dit maak nie saak hoe skraal, hoe onseker ons toekoms mag lyk nie. In Hom is ons hoop verseker.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.