God se Woord VARS vir jou Vandag

Op die Skouers van Reuse

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2960

Send us a text

Levitikus 19:32  “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here. 


Hoe ouer ek word – en ek is nou nie eintlik so oud nie – hoe meer besef ek hoe noodsaaklik dit is om ons voorgeslag te respekteer en te eer. Daar is iets wat binne-in jou hart gebeur, wanneer jy besef dat die suksesse wat jy in die lewe behaal het, nie aan jou eie persoonlike briljantheid toe te skryf is nie. 

Wanneer ons praat van ons voorgeslag, kan die meeste van ons nie eintlik iets oor hulle vertel nie. Miskien het jy jou oupas en oumas geken, of dalk het jy stories van hulle gehoor, soos dit deur ander oorgedra is, maar in die meeste gevalle is dit omtrent sover as wat ‘n mens se kennis oor jou voorgeslag strek.

En tog is dit ‘n realiteit dat my lewe en joune die gevolg is van dít wat ons voorvaders gedoen het. As jy net sewe geslagte teruggaan – na jou agter-agter-agter-oupagrootjies – gee dit jou meer as 200 jaar en 128 voorouers. En nou praat ons nie van al die ooms, tannies, neefs en niggies nie … want hulle het almal op een of ander wyse ‘n rol in jou vorming gespeel; hulle het bepaal wie jy vandag is; en ‘n invloed gehad op die posisie wat jy nou beklee.

Dit is 'n ontnugterende, maar ek dink ook, 'n nederige gedagte. God het ons ongelooflik geseën deur diegene wat voor ons gegaan het – deur hul stryd, hul opofferings, selfs deur hul mislukkings. Kyk wat staan in:

Levitikus 19:32 “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.

In 1675 het Isaac Newton, die bekende fisikus, geskryf: As ek verder as ander mense in die toekoms vooruit kon sien, is dit omdat ek op die skouers van reuse gestaan het.

Moenie die reuse in jou lewe vergeet nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY