
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Smag na Meer
1 Petrus 2;2-3 Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is. (NLV)
Wanneer jy terugstaan en daaroor nadink, besef jy dat dit ‘n enorme groot belegging is wat ons in ons kinders se opvoeding maak. Ons dra aan hulle die kennis oor wat hulle vir die res van hul lewens nodig sal hê - dis verstommend. In die meeste lande behels dit dat hulle 12 of 13 van hul eerste 18 lewensjare, skool toe gaan.
Maar deesdae het ons ‘n splinternuwe uitdaging. Die waarde van kennis word deur kunsmatige intelligensie uitgedaag. Hoeveel moet jy regtig leer as jy 'n KI-toepassing op jou foon of rekenaar kan hê, en dit net vrae kan vra wanneer jy die antwoorde nodig het?
Vandag se wêreld is so anders as die een waarin ek en jy grootgeword het. Ek onthou hoe die plaaslike munisipaliteit se biblioteekbus een keer per week skool toe gekom het, sodat ons 'n boek kon uitneem.
Ja, die wêreld het voorwaar verander. Wat nie verander het nie, is die groot onderskeid tussen kennis en wysheid. Billy Graham, die baie bekende twintigste-eeuse Amerikaanse evangelis, het dit so gestel: Kennis is horisontaal. Wysheid is vertikaal – dit kom van bo af. So …
1 Petrus 2;2-3 Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is. (NLV)
Ons weet kennis is 'n wonderlike ding om te hê. Jy kan oor die jare baie kennis versamel. Maar dit is God se wysheid wat jou lewe sal verander. In Jakobus 3:17 staan: Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
Smag na waarheid wat jou gees met God se wysheid voed: Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is. Daardeur kan jy gered word en geestelik groei.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.