
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
In die Skadu van die Allerhoogste
Psalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
Dit lyk deesdae asof die wêreld permanent op die rand van die een of ander groot ramp is. Of dit die Koue Oorlog van die vorige eeu is, waar Rusland en Amerika mekaar gedreig het dat hulle duisende kernmissiele gereed het om binne sekondes, met die druk van ‘n knoppie, te lanseer; of die konflikte in die Midde-Ooste wat dreig om die supermoondhede in die volgende wêreldoorlog in te trek; of pandemies, soos wat ons onlangs beleef het; of soos sommige beweer, die klimaatsverandering. Ja, daar is altyd iets.
Dit is dus nie 'n groot verrassing dat die wêreldmark vir oorlewingsbunkers, of oordeelsdagskuilings soos dit soms genoem word, vinnig groei nie. Kan jy glo dat die besteding biljoene dollar per jaar beloop en ‘n voorspelde jaarlikse groeikoers van 6,4% het?
Hierdie skuilings het gewapende beton mure, lugfiltrasiestelsels, noodvoorrade (voedsel, water en medies), kragopwekkers en sanitasiestelsels. Sommige van die luukses vir die rykes sluit selfs fliekteaters, swembaddens, gimnasiums en hidroponiese tuine in. En dis die waarheid!
Maar hoe sterk en goed toegerus jou bunker ook al is; dink jy jou isolasie gaan jou werklik van 'n langtermyn globale ramp red? En, my maat, dit maak nie saak hoe slim, hoe sterk en hoe goed voorbereid jy is nie; jy kan jouself nooit werklik red van die rampe wat jou onvermydelik sal tref nie. Maar …
Psalm 91:1-2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
Hulle noem Hom nie verniet ons 'Verlosser' nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.