
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wat Verwag Jy?
Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.
Wat is jou verwagting aan die begin van hierdie week waarin ons Paasfees vier? Waarna sien jy uit? Miskien is dit vir jou net nog 'n langnaweek; of miskien beteken dit vir jou 'n bietjie van 'n blaaskansie; of miskien bied dit jou 'n verskoning om ‘n bietjie meer sjokolade te eet as wat jy waarskynlik behoort te eet? Sê my, wat is jou verwagtinge van hierdie Paasfees?
Nouja, kan jy enige ooreenkoms tussen sjokolade-Paaseiers aan die eenkant en die dood van Jesus aan die Kruis aan die anderkant sien? So wat verwag mense van hierdie feestyd wat vir sommige Christene so spesiaal is?
Destyds in Jesus se tyd het die Israeliete ook onrealistiese verwagtinge gehad.
Johannes 6:14-15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.
Die Israeliete het gesoek na 'n ooreenkoms tussen Jesus en een van die profete of 'n magtige krygsman (soos Dawid). Hulle het gedink die Messias sou kom om hulle van die wrede Romeinse oorheersing in hulle Beloofde Land te bevry. Hulle wou Jesus op húlle voorwaardes koning maak.
Hy het wel koning geword – maar ‘n ander soort koning; die koning van ons lewens. ‘n Koning van ons almal, nie net ‘n koning van die Israeliete nie. Hy het gekom om te red – maar Hy het gekom om elkeen van ons van ons sonde te red, nie om 'n nasie te red nie.
So dikwels wil ons Jesus net op ons voorwaardes aanneem, net om ons wêreldse probleme op te los, net om ons ellendige struikelblokke uit te wis. Hy doen dit wel, maar dit is nie die rede waarom Jesus gekom het nie. Hy het gekom om jou lewe van nou af tot in alle ewigheid te red. Hy het vir jou gekom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.