
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Komplot Vererger
Johannes 11:49-53 Een van hulle, 'n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie.” Dit het hy nie uit sy eie gesê nie, maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die nasie sou sterwe. En Hy sou nie net vir die nasie sterwe nie, maar ook om die kinders van God wat oor die hele aarde versprei is, tot een volk bymekaar te bring. Van daardie dag af was hulle vasbeslote om Jesus dood te maak.
Moord, is so oud soos die berge. Dit was jaloesie wat Adam en Eva se seun, Kain, daartoe gedryf het om sy broer, Abel, te vermoor. Goed, so hoekom het die Joodse godsdienstige leiers dan Jesus se moord beplan … en hoe raak dit vandag nog vir jou en vir my?
Ja, jaloesie en afguns was die hoof oorsaak. Die skare het as gevolg van sy verstommende wonderwerke en kragtige prediking na Jesus gestroom en per definisie, weg van die godsdienstige leiers se byeenkomste. Die Fariseërs se gesag was bedreig. Hulle was ook bang vir die Romeine wat die land beset het. Hulle het gevrees dat die Romeine onraad sal bemerk wanneer hulle die groot samekomste van mense sien wat rebellie en onstabiliteit kan veroorsaak.
Johannes 11:49-53 Een van hulle, 'n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie.” Dit het hy nie uit sy eie gesê nie, maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die nasie sou sterwe. En Hy sou nie net vir die nasie sterwe nie, maar ook om die kinders van God wat oor die hele aarde versprei is, tot een volk bymekaar te bring. Van daardie dag af was hulle vasbeslote om Jesus dood te maak.
Hoekom maak hierdie gebeure vir jou en vir my saak? Want alhoewel bose mense die moord op die Seun van God beplan het, was dit altyd God se plan dat dit sou gebeur. Hy het vir jou en vir my gesterf om die prys, wat God se geregtigheid vereis het, vir ons sonde te betaal. Dis goeie nuus. Baie goeie nuus.
Want … dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag