
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Finale Oordeel
Markus 15:12-15 Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?” “Kruisig hom!” skreeu hulle. “Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word.
Vandag is "Goeie Vrydag." Hoe kan dit moontlik "goed" genoem word wanneer dit die dood van 'n onskuldige man herdenk, sodat 'n skuldige, 'n moordenaar, vrygelaat kan word?
Pontius Pilatus, die Romeinse Goewerneur, het absolute gesag oor Israel gehad. Toe hy Jesus moes verhoor, was die laaste ding wat Hy nodig gehad het, 'n oproer met ontelbare sterftes. As die nuus daarvan in Rome gerapporteer sou word, sal hy teruggeroep en swaar gestraf word. Hy was dus bang en te lafhartig om verantwoordelikheid vir die gebeure te aanvaar.
Markus 15:12-14 Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?” “Kruisig hom!” skreeu hulle. “Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!” Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word.
Nouja, Pilatus was bang vir 'n oproer, want hy was onder groot druk geplaas deur die Joodse godsdienstige leiers. Dit lyk ook asof hy persoonlik nie regtig bereid was om eenkant toe of anderkant toe ‘n besluit te neem nie, toe kies hy die maklike uitweg. Wie gee tog op die ou end om? Watter verskil sal sy besluit maak?
Maar ons weet dat God ook by hierdie gebeure betrokke was. Hy het sy enigste Seun gestuur om aan die Kruis te sterf om die straf vir my sonde te betaal, vir joune, en dié van enigiemand anders wat in Jesus sou glo … sodat ons volkome vergewe kan word; sodat ons ’n nuwe lewe; ja, meer nog, sodat ons die ewige lewe kan hê.
Die uitkoms van die hofsaak, was dat Een onskuldige man namens die skuldige, Barabbas, maar ook namens jou, en my gesterf het. Dit is hoekom dit "Goeie Vrydag" genoem word.
En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.