God se Woord VARS vir jou Vandag

Saterdag - Wagdiens

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2974

Send us a text

Matteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste. ”Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan. ”Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly. 


Vir die meeste van ons is Saterdag 'n rustige dag, of ten minste 'n ruskansie van die weeklikse werksroetine. En as jy in daardie gereelde roetine van Maandag tot Vrydag vasgevang is, is werk die allerlaaste ding wat jy op ‘n Saterdag wil doen, nè?

In die dae toe ek in die militêre diens betrokke was, was elke militêre instelling dag en nag beman. As deel van my pligte as 'n junior offisier, moes ek gereeld as diensbeampte waghou. Dit het behels om oornag op die basis te bly, dit veilig te hou en enige noodgevalle te hanteer. Maar glo my, ek het dit gehaat as dit my beurt was om as 'n naweekdiensbeampte wag te hou. Dit was verskriklik. So, ek wonder hoe hierdie soldate gevoel het:

Matteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.

Ek kan nou net dink dat daardie soldate nie baie in hul noppies was oor hulle naweek reëlings nie! Maar dinge het vererger. Want terwyl Jesus se liggaam in die graf gelê het, was 'n wonderwerk van lewe aan die gang. Die volgende dag was die klip weggerol; en die graf leeg. Byt vas! Die Goeie Nuus kom!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY