
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Beslis ‘n Oorwinningsdag
1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.
Nouja, nog ‘n Paasfees is verby. Is dit tyd om weer aan te gaan met ons lewe asof die pas afgelope Paasfees nie veel vir ons beteken het nie? Is dit tyd om die sjokolade papiertjies weg te gooi en terug te gaan na die rotresies?
Ja, ek weet die lewe met al sy uitdagings gaan voort, maar die hele punt van Paasfees, die hele punt van gister – bekend vir baie mense as “Opstandingsondag” – is dat Jesus deur sy dood en opstanding vir jou en my 'n hele nuwe lewe kom gee het.
Maar wie sê daardie mal Christene met hul godsdienstige stories oor sonde en vergifnis, verlossing en opstanding, wat vandag so irrelevant lyk, is reg? Sê nou – ja, sê nou dis net ‘n storie dat Jesus uit die graf opgestaan het? Sê nou Hy is dood en begrawe net soos alle ander normale mense? Wel …
1 Korintiërs 15:17,20-22 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.
God beskou die mensdom se grootste beproewing, sy sonde. En sonde lei uiteindelik tot die dood. Maar wanneer jy met jou hele hart jou vertroue in Jesus Christus stel … maak Hy jou weer lewend. Wat 'n oorwinning het Hy vir jou behaal! Want nou is daar opstanding uit die dood … vir jou.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.