God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Geboorte tot ‘n Nuwe Lewe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2977

Send us a text

1 Petrus1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop 

Het jy jouself al ooit in sulke moeilike omstandighede bevind, dat jy desperaat was en gewonder het of jy selfs die volgende dag gaan oorleef? Of het jy al vir ‘n lang ruk pyn en lyding, waaruit daar geen hoop op ontsnapping bestaan het nie?

Die Rohingya-mense is 'n Moslem-minderheid van sowat 700 000 mense, wat in ellende in buitelands-gefinansierde kampe in Mianmar (voorheen Birma) gehuisves word.

In 2017 het 'n wrede militêre ingryping gelei tot wydverspreide gruweldade. Die Rohingya mense se dorpe is afgebrand, hulle is verkrag en vermoor. Dit is deur die Verenigde Nasies beskryf as "'n teksboekgeval van etniese suiwering."

Hulle is sonder twyfel een van die mees verwaarloosde, mees vergete mensegroepe ter wêreld. Beide die regerings van Mianmar en Bangladesj weier om hulle burgerskap te gee, en dit veroorsaak dat hul nêrens tuis is nie en aan sistematiese diskriminasie en misbruik onderwerp word. Daar blyk geen oplossing of moontlikheid van ‘n einde aan hulle lyding te wees nie.

Die deur is onlangs oopgemaak om hierdie VARS-boodskappe vir hulle in hul eie, unieke taal te begin uitsaai. Jy mag dalk vra, Berni, hoekom sal jy die moeite doen? Jy is ‘n Christen, hulle is Moslem. Sê my, hoekom doen jy dit? 

1 Petrus 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop.

Noem my gek, maar daardie genade, daardie hoop - die sekere hoop op 'n nuwe lewe deur Jesus se opstanding - is ook vir hulle bedoel. En nie net vir hulle nie … maar vir jou … ook.

G.K.Chesterton, die Engelse filosoof, het eenkeer geskryf dat hoop die krag is om te midde van desperate omstandighede, vrolik te wees. Ons prys die Here dat daardie hoop ook vir die Rohingya mense is. Maar, my vriend daardie hoop is ook vir jou en jou gesin.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY