God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Nuwe Lewe Ontvang

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2978

Send us a text

Romeine 8:11 Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. (NLV) 

Daar is 'n paar mense op ons dierbare planeet, aarde, wat ek seker is dat nie een van ons in die hemel sal wil ontmoet nie. Mense wat so gemeen, so boos is, dat hulle beslis nooit, in die hemel hoort nie ... beslis nie!

Hier is ‘n suiwer hipotetiese vraag: as Adolf Hitler vir God se vergifnis gebid het voordat hy sy eie lewe geneem het, sou jy wou hê dat God hom moes vergewe? Nie ek nie!

Tydens die 18de eeu het John Newton 'n lewe gelei wat gekenmerk is deur morele verval. As 'n skeepskaptein het hy deelgeneem aan gruwelike slawehandel vir die mark in Engeland.

In 1748, het hy tydens 'n gevaarlike seereis, waar 'n hewige storm sy lewe bedreig het, om genade tot God gebid. Hy is vandag veral bekend vir die skryf van die lirieke van Amazing Grace:

Genade onbeskryflik groot het U aan my bewys, verlore seun ’n wegloopkind, weer in die vaderhuis!

Ja, ons sien dat God die mag het om selfs 'n wrede slawehandelaar te neem en vir hom 'n nuwe lewe te gee. Hoe kan dit wees? Paulus skryf in sy brief aan die gelowiges in Rome:

Romeine 8:11 Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. (NLV)

Die oomblik wanneer ons Jesus as ons Here en Koning van ons lewens aanvaar en wegdraai van morele verval, blaas Hy nuwe lewe in ons sterflike liggame … dit maak nie saak waaraan ons in die verlede skuldig was nie, want Jesus het die prys betaal vir daardie sondeskuld wat ons moes betaal het. Dink mooi rustig hieraan.

Hy wat Christus uit die dood opgewek het, (sal) ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon.

Dit is God se belofte. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY