
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Waarborg
Efesiërs 1:13-14 Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV)
Deesdae het die meeste produkte 'n soort waarborg ... en tog is sommige waarborge, inderdaad, absoluut waardeloos.
In 1967 het die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n intensiewe wêreldwye veldtog geloods om pokke uit te roei. Hulle het gewaarborg dat hulle deur massa-inentings en toesig die siekte sou uitroei. Dit was 'n reuse waarborg. En tog het hulle teen 1980 dit reggekry - pokke was uitgeroei. Dis wonderlik! Geen waarborg kon sommer so ‘n prestasie klop nie, nè?
Ek wil jou vertel daar is wel een prestasie, iets veel groter selfs as die wêreldwye uitwissing van 'n dodelike siekte. Dit is God se waarborg aan jou van alles wat Hy gereed het en wat vir jou wag … tot in alle ewigheid. Hier is dit in:
Efesiërs 1:13-14 Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV
Party mense hoor die boodskap, die Goeie Nuus dat Jesus gesterf het om vir hulle sonde te betaal, dat Hy weer opgestaan het om vir hulle 'n nuwe, ewige lewe te gee, en hulle glo dit, maar dan raak hulle so besig met allerhande uitdagings, dat hulle geloof begin wankelrig voel. Hulle begin twyfel, hulle wonder, Is ek regtig gered? Is God nog daar? Het ek nog die ewige lewe?” Luister weer:
Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV)
Die 20ste eeuse Walliese teoloog, Martyn Lloyd-Jones, het dit so gestel: Dank God dat my redding nie afhang van my swak greep op Hom nie, maar van Sy magtige greep op my.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.