
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Verandering van Tempo
Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.
Hier is nou ‘n vraag oor ‘n baie interessante kwessie: wat is erger as om nie die spesifieke huweliksmaat te vind waarna jy smag nie? En die antwoord is: trou met die verkeerde een!
Nouja, miskien is jy nie tans op soek na 'n sielsgenoot nie. Miskien is jy reeds gelukkig getroud, en dis wonderlik, maar dalk is daar op die oomblik iemand in jou vriendekring wat daarna smag om getroud te wees.
In my laat dertigerjare was ek weer enkellopend. Ek het gesmag na 'n sielsgenoot nadat ek 'n paar jaar van hartseer en die trauma van verraad en verlies moes hanteer.
Een of twee “geskikte troubare kandidate” – as ek hulle so mag noem – het hulself “aangemeld.” Een van hulle het ek uitgevind was van baie losse sedes. Sy was ook nogal “dors,” en as sy eers aan die drink was, het sy te veel gedrink. Maar sy was mooi en ek was eensaam. Kan sy dalk die een wees? Miskien kan ek haar verander?
Ek was baie kwesbaar en kon maklik in daardie strik getrap het. Maar 'n paar godvresende, getroue vriende het my gewaarsku om nie by haar betrokke te raak nie. Gelukkig het ek tot besinning gekom en na hulle geluister.
Spreuke 15:22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.
Op die oud end het daardie selfde vrou 'n verhouding met 'n getroude man gehad. Wys jou net! Heelwat later het God vir Jacqui oor my pad gebring – ‘n wonderlike godvresende vrou. Ons is nou al amper 27 jaar getroud!
Of dit nou jy is wat dit moet hoor, of iemand in jou vriendekring, luister na hierdie raad van iemand wat omgee: Dis beter om lank te wag as om verkeerd te trou.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.