God se Woord VARS vir jou Vandag

Trek die Sluise van Dankbaarheid Oop

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2981

Send us a text

Efesiërs 5:20 Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV) 

Hoe sleg moet dinge met jou gaan om ‘n “jammerpartytjie” vir jouself te reël? Ja, ek praat van daardie “arme-ekke” gevoel. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek dryf nie die spot met die beproewings wat jy in die gesig staar nie. Ek verstaan jy dink jy het sekerlik goeie rede om so te voel; maar chroniese selfbejammering is miskien een van die mees vernietigende emosies wat aan die mensdom bekend is. Dit sal jou verteer.

John McCain was 'n vlieënier in die Amerikaanse vloot. Sy vliegtuig is in 1967 tydens die Viëtnam-oorlog in 'n bomaanval oor Hanoi neergeskiet. Hy is gevange geneem en hy is vir vyf jaar as 'n krygsgevangene aangehou, waar hy ontsettende marteling verduur het.

Ten spyte van daardie uitgerekte, wrede toestande, het McCain ná sy vrylating dikwels gepraat oor sy diep gevoel van dankbaarheid vir die ondersteuning en kameraadskap van sy mede-krygsgevangenes. Daardie dankbaarheid het sy lewe verander.

Nadat hy sy vlootdiens voltooi het, het hy 'n Amerikaanse senator geword. Dwarsdeur sy politieke loopbaan het McCain se dankbaarheid vir sy mede-krygsgevangenes en sy ervarings in Viëtnam sy benadering tot leierskap beïnvloed. Hy het dikwels die belangrikheid van eenheid, samewerking en veerkragtigheid beklemtoon.

Watter probleem dreig om jou in selfbejammering te verswelg? Wat probeer om jou af te sleep in 'n see van negatiewe emosies?

Efesiërs 5:20 Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)

Wanneer wil God hê jy moet dankie sê? Altyd. Waarvoor wil Hy hê moet jy dankie sê? Alles. Dit is ongelooflik hoe God deur 'n gesindheid van dankbaarheid sal werk om ons lewens te transformeer.

Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY