God se Woord VARS vir jou Vandag

Kom Terug na die Ou Waterputte

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2985

Send us a text

Genesis 26:18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee. 

Daar is 'n neiging in hierdie hoogs-tegnies, vinnig-bewegende, KI-gedrewe wêreld waarin ons leef, om die wysheid van ons voorvaders (as ek so 'n outydse woord kan gebruik) af te maak as grootliks irrelevant vir die era waarin ons leef.

Soveel van die vanselfsprekende, grondliggende waarhede en praktyke wat deur die eeue aan ons oorgelewer is, is tersyde gestel met 'n "ons-weet-deesdae-van-beter" houding. Ons weet verandering is onvermydelik; en as ons mooi daarna kyk, was sommige van die sosiale veranderinge inderdaad positief.

Vroue word nie meer as minderes en vloerlappe behandel nie; al is die balans vandag nog nie heeltemal perfek nie. Kinders word nie meer “gesien, maar nie gehoor nie.” Maar die verwerping van goddelike wysheid het 'n paar verskriklike, verwoestende gevolge gehad.

Dit is amper asof ons hierdie ou fonteine van wysheid aan die eenkant stelselmatig opgevul en toegestop het, en dan staan ons hier aan die anderkant en wonder hoekom ons van die dors vergaan.

Genesis 26:18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee.

Ek wonder of dit nie tyd is om weer daardie ou putte oop te grawe nie. Ons kan vandag steeds baat deur te drink uit die putte van God se tydlose wysheid – die wysheid van sy liefde, sy vrede en sy krag. 

Hier is jou uitnodiging en ‘n uitdaging. Kom terug na die ou put - die put van God se Woord en drink diep.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY