
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie ‘n Onmiddellike Reaksie Verwag Nie
Matteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Jy kan vir ‘n KI-rekenaar 'n vraag vra, en binne enkele sekondes sal dit sulke deeglike navorsing doen en met die antwoorde te voorskyn kom, wat jou destyds ure se naslaan in 'n biblioteek sou geneem het. Ons is so bederf daardeur, dat ons deesdae dink mense moet net so blitsig die regte antwoorde hê.
Ek het onlangs met my vriend, Dave, wat op sy eie besig is om ‘n kamer by sy huis aan te bou, gesels. Een van die redes waarom hy dit geniet om te bou, het hy gesê, is die onmiddellike terugvoer. Dit neem ‘n paar uur en daar staan 'n muur waar daar voorheen niks was nie. Nog 'n paar uur later en 'n venster gaan in. Hy kan terugstaan en met trots kyk wat hy gebou het.
Maar my vriend 'n pastoor belê in mense; jy belê en jy belê; sommige mense sal jou deur die gesig klap, maar jy belê steeds, en jy sal dalk vir maande, selfs jare ... nooit verandering sien nie! Ek bewonder daardie geduld en liefde.
Wie is die mense in wie se lewe God jou geroep het om te belê? Hoe geduldig is jy met hulle? Hoe maklik verloor jy moed? Net voordat Hy na die hemel opgevaar het, het Jesus vir sy dissipels gesê...
Matteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Om mense dissipels van die Here Jesus te maak en hulle te leer om gehoorsaam te wees aan Hom is baie belangrike, maar harde werk. Moenie moed verloor met daardie een moeilike persoon in jou lewe, wat lyk asof hy nooit gaan reageer nie. Wanneer jy dit vergelyk met KI-werk, waar jy onmiddellike oplossings vir probleme kry, kan jy jou regmaak vir die feit: transformasie van ‘n mens se lewe neem soms baie lank.
Die goeie nuus is egter dat Jesus altyd by jou sal wees. Hy sal geduldig saam met jou werk, selfs al neem dit tot die einde van die tyd.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.