God se Woord VARS vir jou Vandag

Sélf bevordering in Kamoeflering

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 2993

Send us a text

Spreuke 27:1-2 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. Moenie jouself op die skouer klop nie. Laat iemand anders jou liewer prys. 

Kom ons erken dit, om te spog is 'n lelike gewoonte. Dis kras. Dit stoot mense van ons af … en tog is mense steeds arrogant. Maar dis nie alles oop en bloot nie. Heelwat tekens van sélf bevordering; van spog, word op verskillende maniere vermom.

Nou ja, spog kom dikwels ‘incognito’ voor. Daar is nederige grootpratery. O, ek is so uitgeput van my vakansie in Parys; ek is nou nog vlugflou, dit maak my dood. Of om te koop te loop met belangrikes se name - Ek het net verlede week met ‘minister/professor so en so’ gesels oor daardie einste ding, asof ‘so en so’ 'n lewenslange vriend is, wanneer hulle op sy beste 'n kennis is.

Sommige mense – en dit is wat sosiale media aan die gang hou – deel net hul prestasies, nooit enige van hul mislukkings of stryd nie, want dit sal mos 'n swak beeld van hul lewens skep! Ons sê sommer jakkals prys sy eie stert, nè?

 

Wat van hierdie een, waar iemand voorgee om so vreeslik beskeie te wees: Ek kan nie glo dat hulle my as werknemer van die jaar gekies het nie. Daar is soveel meer verdienstelike mense. Of 'n bestuurder wat na my span verwys, asof hy hulle besit.

Daar is 'n eindelose verskeidenheid van maniere om te spog, om sélf te bevorder, om mense te laat voel dat jy ten minste dink dat jy ver verhewe bo hulle is.

Kan ek jou eerlik vra, het jy dit al ooit gedoen? En indien wel, hoekom? Dikwels kom dit uit 'n diep gevoel van onsekerheid, die behoefte om mense te wys hoe wonderlik jy is.

Spreuke 27:1-2 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. Moenie jouself op die skouer klop nie. Laat iemand anders jou liewer prys.

Daar is 'n gesegde in die besigheidswêreld dat as jy jou kliënte reg behandel, hulle jou bemarking vir jou sal doen. Dieselfde geld ook in ons persoonlike lewens. 

Moet nooit jouself prys nie. Laat ander dit vir jou doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY