
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Om Jou Outentieke Self te Wees
Romeine 12:2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. (NLV)
Die slagspreuk van hierdie era is ... wees jou outentieke self! Doen wat natuurlik kom. Wees wie jy vóél jy regtig is. En dit veroorsaak hewige twispunte ten opsigte van kultuur; hulle noem dit selfs kultuuroorloë tussen sogenaamde konserwatiewes en liberales. Wat dink jy daarvan?
Die negentiende-eeuse Amerikaanse filosoof, Ralph Waldo Emerson, het dit so gestel: Om jouself te wees in 'n wêreld wat voortdurend probeer om jou iets anders te maak, is die grootste prestasie.
Ja, dit klink wonderlik tot op 'n sekere punt... Dit werk beslis wanneer om "jouself te wees" daaroor gaan, om byvoorbeeld, 'n musikant te word, eerder as die ingenieur wat jou ouers wou hê jy moet wees. Maar hoe werk dit wanneer jy wil doen wat vir jou natuurlik kom, en dit is iets onaanvaarbaar? Iets wat beslis baie verkeerd is. Iets immoreel. Iets boos.
Maar waar trek jy daardie streep tussen goed en kwaad, reg en verkeerd, moreel en sedeloos? Dit is juis die vraag wat aan die hart van ons sogenaamde kultuuroorloë lê.
So waar trek jy daardie streep? Nie in teorie nie, maar vir jouself, persoonlik, want dit gaan bepaal hoe jy die res van jou lewe gaan leef.
Romeine 12:2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. (NLV)
God wil hê ons moet outentiek onsself wees en nie aan die wêreld se standaarde voldoen nie. En om nie toe te laat dat ons in kulture ingedruk word, waarin ons nooit gemaak is om te pas nie; maar om deur sy waarheid getransformeer te word en ons Godgegewe doel met integriteit en geloof uit te leef.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.