
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Oorwin Finansiële Stres (1)
Matteus 6:25-27 “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?
Een van die grootste oorsake van stres in vandag se samelewing, is persoonlike finansies: Stygende pryse; stygende huurgeld; stygende rente op lenings; duur gesondheidsorg. Hoe hou ek kop bo water? Dit veroorsaak vir ontsettend baie mense groot bekommernis.
‘n Newsweek artikel het onlangs my oog gevang: "Finansiële onsekerheid veroorsaak 'n geestesgesondheidskrisis." Kom ek haal ‘n paar syfers uit hierdie Amerikaanse opname aan:
88% van die respondente ervaar 'n mate van finansiële stres. 65% het gesê hul finansies is hul grootste bron van stres, en dit het 'n beduidende negatiewe impak op hulle geestesgesondheid. 41% het selfs gesê hul finansies het hul geestesgesondheid "vernietig", en 64% het gerapporteer dat hulle permanent "finansiële moegheid" ervaar - 'n gevoel van uitbranding of uitputting in die hantering van geldsake.
As dit is hoe die mense in die rykste land ter wêreld voel, hoeveel hoop is daar vir die res van ons? En hoop is presies wat ons nodig het. Hoop, ware hoop ... want dit is die een ding wat ‘n mens se bekommernis kan onderdruk en die stres kan verlig wanneer jy hierdie verraderlike finansiële waters moet navigeer. Ons lees in:
Matteus 6:25-27 Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?
En weet jy wat doen die stres aan ons? Dit laat net ons probleme groter lyk as wat hulle in werklikheid is.
Vertrou op God. Hy sal jou ook hierdeur dra.
Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.