God se Woord VARS vir jou Vandag

Onberispelike Gedrag (3)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3007

Send us a text

1 Petrus 2: 21-24 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. 

Lyding is 'n vreeslike ding, 'n verskriklike ding, 'n ding wat ons nie graag in ons lewens wil hê, of hanteer of selfs noem nie. Maar so seker as wat twee maal twee vier is, lê daar vir ons in die dae wat vir ons hier op hierdie aarde oorbly, nog so 'n ou bietjie lyding voor...

Nouja, dis 'n vrolike gedagte! Is jy bly jy het vandag by my aangesluit? Wel, jy behoort te wees, want ek gaan jou die geheim vertel om jou in staat te stel om jou lyding te hanteer, om sin te maak van jou lyding … miskien selfs om betekenis in jou lyding te vind.

 

Mense ly om allerhande redes onregverdig. Dikwels maak dit net nie sin nie, daar is geen rede op aarde daarvoor nie. Daar is een Persoon wie se lyding, destyds vir niemand sin gemaak het nie, maar vandag weet ons dat miljarde lewens deur sy lyding en dood verander het. 

Die apostel Petrus praat met Christene wat wreed vir hul geloof vervolg is:

1 Petrus 2:21-24  Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY