
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Werk Lang Ure
Prediker 3:1,13 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:… Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
Die behoefte om te werk is iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ons moet tog kos op die tafel sit, en 'n dak oor ons kop voorsien. Maar daar is ook dinge wat probleme in die werkplek veroorsaak.
Terwyl sommige werksplekke na 'n korter werksweek beweeg, is daar ander wat in die teenoorgestelde rigting op pad is. In 'n onlangse artikel - "Die skade wat lang werksure aan jou liggaam doen" - het National Geographic berig dat Griekeland wetgewing goedgekeur het wat werkgewers toelaat om 'n ses dae werksweek in te stel. Die wêreldwye maatskappy, Samsung, vereis inderdaad reeds dat sy bestuurders ses dae per week werk.
Die artikel noem ook 'n reeks negatiewe gevolge wat te lang werksure op fisieke en emosionele vlak kan veroorsaak... en dan praat hulle nie eers van die negatiewe uitwerking daarvan op gesinne nie.
As jy afgetree het, is dit nie vir jou relevant nie. Maar vir diegene van ons wat nog in die daaglikse gewoel en gewerskaf van die werkslewe is, is dit so maklik om jouself te oorwerk … en dit het rampspoedige gevolge. So, kom ons kyk vandag die wêreld vierkantig in die oë en doen God se realiteitstoets:
Prediker 3:1,13 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:… Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
Nouja, as God vir jou ’n geskenk gaan gee – dink mooi hieroor na – gaan jy dit aanvaar, gaan jy dit geniet, gaan jy rus en die vrug van jou arbeid geniet? Of sal jy dit verkwis deur jouself oorhoeks te werk?
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.