God se Woord VARS vir jou Vandag

Kry die Balans

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3013

Send us a text

Prediker 4:5 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. 

Dit word deesdae in ons deurmekaar wêreld al hoe moeiliker, om 'n gelukkige werk-lewe-balans te vind. Sommige mense wil die lewe rustig neem en alles hê wat hulle oë sien en begeer, terwyl die ander spul hulself in 'n vroeë graf in werk.

Daar is deesdae allerhande navorsing oor die balans tussen mense se werk en hul lewe. In een studie het ongeveer 60% van die werknemers wat wêreldwyd ondervra is, gevoel dat hulle daardie balans perfek handhaaf – wat beteken dat 40% gevoel het dat hulle nie die balans kan vind nie. Dit is interessant, maar dis nie snaaks dat die navorsing ook getoon het dat diegene wat in staat was om van die huis af te werk, beter gevaar het as diegene wat onder hoë stres in werksplekke gewerk het.

Die afgelope paar dae het ons gesels oor die gevare van oorwerk en die behoefte van daardie werksverslaafdes onder ons (en ek sal ruiterlik erken dat ek 'n ‘herstellende-werksverslaafde’ is) om 'n paar diepgaande veranderinge aan te bring om hul lewens en hul gesinne te red.

Maar kom ons hanteer vandag die teenoorgestelde: luiheid. Daar is ‘n menigte baie lui mense in werksplekke. Mense wat die absolute minimum sal doen, maar tog verwag om groot belonings te kry.

Ons het selfs 'n term - "stille uittreding "-  geskep, om hierdie doelbewuste en sistemiese luiheid te beskryf. Dit is die proses waar werknemers hulself geleidelik van hul werk ontkoppel, eerder as om formeel te bedank en op te hou. Maar op die ou end wil hulle steeds hul groot beloning ontvang. Ons sê mos lui by die vak, maar fluks by die bak!

Prediker 4:5-6. Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger.

Met ander woorde dis dwaas om lui te wees en hande gevou te sit en bittermin of absoluut niks te doen nie. Luiheid vreet jou op; dit hol jou uit en ontneem jou die betekenis wat jy as mens het. En net daar verdwyn die bevrediging wat jy gekry het wanneer jy jou gawes en vermoëns vir nuttige dinge gebruik het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY