God se Woord VARS vir jou Vandag

Wat Jesus Begeer

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3014

Send us a text

Markus 6:30-32 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees. 

Ek dink nie een van ons het 'n lesing nodig oor die voordele van rus nie. Ja, ek praat van om 'n blaaskans van ons werk en besigwees te neem; om weg te kom en 'n bietjie “alleen-tyd" te hê. Maar as almal dit dan weet, hoekom leef so baie mense sulke tresvolle, betekenislose lewens?

Ek het onlangs by die huis gekom na 'n internasionale reis vir die bediening van Christianityworks. Dit was 'n vlug van 15 uur, 'n agt uur verandering in die tydsone aan elke kant, vyf stede, nege dae van aanbieding van werkswinkels; praatjies; vergaderings en radio-onderhoude … dit was wonderlik, maar absoluut intens.

Toe ek laat Vrydagmiddag by die huis aankom, het ek myself 'n langnaweek gegee om te herstel. Weet jy, ek het vroeër dae skuldig gevoel om 'n ekstra dag af te neem - en baie mense voel steeds so. Maar God weet ons kan nie vir altyd daardie soort pas volhou nie. Hy weet beslis!

Markus 6:30-32 Die apostels het na Jesus toe teruggekom en vir Hom alles vertel wat hulle gedoen en wat hulle die mense geleer het. Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek waar hulle alleen kon wees.

Hoe jou werk ook al daar uitsien – dalk is jy afgetree en pas een of twee dae per week kleinkinders op, of dalk is jy besig met ’n ambisieuse loopbaan, of dalk is jy dag na dag by fisiese arbeid betrokke – ons moet almal rus. Luister asseblief na Jesus:

“Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.”

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY