
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Kom na Jesus
Mattheus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”
As daar ooit 'n tyd in die mens se geskiedenis is wanneer gewone domkoppe soos ek en jy weer die kuns van rus moet herontdek, dan sal dit nóú wees, vandag. Met al die tegnologie waarmee ons gebombardeer word; ons konstante verbinding met die buitewêreld, die klein bloulig-skermpies wat ons slaappatrone ontwrig … ja, vandag is die dag wat ons mooi moet dink...
Tussen e-posse, SMS’e, WhatsApps, Facebook, Twitter (of ‘X’ soos dit nou genoem word) om nie eers te praat van die goeie, outydse telefoonoproepe en al daardie daaglikse stres van die lewe nie, is daar genoeg om ons dag en nag na ander mense se pype, te laat dans.
Dit hoop op. Dit maak jou moeg en moedeloos. Dit voel asof jy asemnood het.
Ons het die afgelope paar weke nogal baie oor druk, stres en rus gepraat. Maar vandag wil ek dinge afsluit met die belangrikste ding, die kragtigste ding wat ek moontlik met jou kan deel. Ware rus, nie daardie rus wat jy kry deur weg te hardloop van dinge nie, maar deur dit te ontdek te midde van alles wat om jou aangaan. Jesus het gesê...
Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.
Hoe langer ons gedwing word om só te lewe en om die hele wêreld se laste te dra, hoe swaarder word dit. Maar Jesus wat vir jou gely en gesterf het, en weer opgestaan het om jou 'n nuwe lewe te gee, roep jou vandag na Homself toe. Luister weer na Hom, mooi en doelbewus. Laat dit insink...
Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.