
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Vertrou op die Here
Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.
Stres, of die behoefte om daarvan ontslae te raak, is die nommer een behoefte in die samelewing vandag. Wat vertel dit ons oor die manier waarop ons ons lewens leef?
Miskien het jy my dit al hoor sê, maar ek sal dit weer sê, want ek weet dat dit absoluut waar is. Terwyl druk onvermydelik is, is stres opsioneel.
Druk kom van alle kante na ons toe - dis die lewe. Hoe ons daarop reageer is egter ons keuse. Die stresreaksie is maar een van die opsies, hoewel dit ongelukkig vir baie mense die enigste logiese opsie is.
Ek verstaan dit heeltemal. Ek was ook in daardie posisie. Maar deesdae, wanneer ek vind dat ek instinktief die eerste paar treë op die ‘strespad’ neem, is daar iets wat my keer om dit toe te laat om my lam te lê; iets wat veroorsaak dat ek omdraai en in die teenoorgestelde rigting gaan. Hier is dit:
Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.
God het my nog nooit, nie een keer al, teleurgestel nie. Hy het my deur moeilike situasies bygestaan. Hy het my elke keer deur die situasie aan die anderkant uitgebring op ‘n manier wat vir my baie beter en baie meer geseënd was; ‘n oplossing waaraan ek nooit eers kon dink nie. Dit maak nie saak hoe moeilik die probleem was; hoe desperaat ek was en hoe ondraaglik daardie tye was nie, op een of ander manier het Hy altyd daarin geslaag om vrug in my lewe te kweek.
Die kragtigste teenmiddel vir stres wat aan die mensdom bekend is, is die betroubaarheid van God.
Dié mens wat op die Here vertrou, sal geseën word.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.