God se Woord VARS vir jou Vandag

Party Kerke is nie So Vriendelik Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3021

Send us a text

Jakobus 2:2-4 Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan ’n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of: “Kom sit hier op die vloer,” sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie? 

Ons mense is snaakse wesens – ja, hulle is beslis snaaks as dit kom by die aanvaarding van mense wat hulle nie ken nie. Dit is nogal ‘n bewys daarvan dat ons groepswesens is. Ons vorm graag groepe en hou daarby. Dit is 'n goeie ding ... maar soms, laat ons eerlik wees, is dit ook nie so ‘n goeie ding nie.

Was jy al ooit in ‘n nuwe skool, of nuut in een of ander sosiale omgewing? Miskien het jy pas 'n nuwe werk begin. Almal daar weet presies hoe die dinge werk. Almal ken die mense. Hulle is 'n groep … en jy moet nog touwys gemaak word. Jy wil deel word van die groep, maar dit is nie altyd maklik nie.

Ek en my vrou is al verskeie kere deur die proses om deel van 'n kerkgemeenskap te word. En kan ek vir jou sê, sommige kerke is nie so vriendelik nie – dis hartseer, maar waar. Mense hou daarvan om in hul klieks te bly en soms kan hulle nogal veroordelend wees.

Jakobus 2:2-4 Gestel daar kom iemand in julle samekoms in met duur juwele en baie mooi klere aan, en daar kom terselfdertyd ook iemand in wat brandarm is en verslete klere aanhet. As julle dan ’n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of: “Kom sit hier op die vloer,” sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Die Britse apologeet Rebecca McLaughlin het onlangs getwiet, My man het drie reëls om mense in te skakel wanneer ons kerk toe gaan. 1. 'n Alleen persoon in ons byeenkoms is 'n noodgeval. 2. Vriende kan wag. 3. Stel 'n nuweling aan iemand anders voor. Kom ons wees almal vandag sendelinge by die kerk.

Wees vriendelik. Wees verstandig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY