
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Liggaam is ‘n Tempel
1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ’n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)
Vandag … gaan ons gesels oor, 'n baie aktuele onderwerp. Ja, dis reg: dis onsedelikheid; seksuele onsedelikheid. Wanneer dit kom by sieninge oor die uitdrukking van intimiteit, is daar twee teenoorgestelde pole. Aan die eenkant van die spektrum, gaan dit oor die begeerte om goed te voel. Aan die anderkant, miskien die ‘godsdienstige kant,’ as ons dit so kan noem, is daar 'n paar baie spesifieke morele sienings oor getrouheid en gesinswaardes. Aan watter kant van die spektrum sit jy?
Heelwat historici en morele filosowe sal argumenteer dat daar bewys is dat onsedelikheid tot die agteruitgang van beskawings lei, en die val van die magtige Romeinse ryk as 'n uitstekende voorbeeld gebruik. Maar ons weet almal dat vroue en kinders ongelukkig die slagoffers van onsedelikheid is; hulle kom die slegste daarvan af.
Kyk, ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar ek is 'n redelike eenvoudige ou: Een man en een vrou in 'n liefdevolle, lewenslange verhouding van intimiteit, lyk vir my of dit die perfekte basis vorm vir 'n stabiele samelewing waarin kinders geliefd en gekoester word. Ek weet, baie mense sal my siening bevraagteken. Dis goed. En ek is die eerste een wat sal saamstem dat die stelsel deur die eeue ver van perfek was.
Maar wat jou siening ook al is; moet ek vandag hierdie versies aanhaal:
1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ’n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.