God se Woord VARS vir jou Vandag

Ek Verheug my in U

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3024

Send us a text

Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie. 

Daar is iets nogal verstommend, selfs bedwelmend, daarin om te doen wat reg is en wanneer jy dit doen; in jou hart te weet dat jy geslaag het. Ek vermoed dat dit is hoe dit nog altyd veronderstel is om te werk.

Jy weet hoe dit gaan. In enige gegewe situasie is daar altyd daardie versoeking om kortpad te vat, jou integriteit in te boet ter wille van doeltreffendheid; jou vinger op die skaal te druk om 'n uitkoms te bereik wat vir jou gunstiger is.

Ons doen dit omdat ons weet ons sal waarskynlik daarmee wegkom. En hoe meer ons daarmee ‘wegkom’, hoe dapperder en meer geslepe raak ons om volgende keer weer oneerlik te wees.

Maar, alhoewel jy dalk “wen,” en al mag jy kry wat jy wou hê, weet jy altyd diep binne-in, dat wat jy gedoen het, oneerlik was, nie waar nie?

Hier is 'n man wat die bedwelmende vreugde ontdek het van om keer op keer, terwyl hy tot God bid, die regte ding te doen:

Psalm 119:14-16 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

Hierdie psalmis sê dat wanneer jy dit regkry om te doen wat reg in God se oë is, is om, soos ons vandag sal sê: ‘om die lotto te wen’. En hoe meer jy daardie opwinding ervaar, hoe meer jy daaroor dink, hoe meer jy daaroor mediteer … hoe meer vreugde sal jy uiteindelik in God se voorskrifte ervaar. Dit is regtig nogal verslawend, hierdie gevoel wat jy kry dat jy goed doen in God se oë!

Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY