
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Vrymoedigheid
Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”
Vir die meeste van ons is vervolging iets waaraan ons nie te dikwels wil dink nie. Op ander plekke in die wêreld waar mense aktief vir hul geloof vervolg word, is dit so deel van hul lewe dat dit nie vir hulle vreemd is nie. Wat ons skok, is wanneer vervolging, wat tot dusver op ‘n veilige afstand was, op ons eie middelklas drumpel beland.
Op 26 Julie 2016 is Vader Jacques Hamel, 'n 85-jarige Rooms-Katolieke priester, vermoor terwyl hy ‘n diens in 'n klein dorpie in Normandië, Frankryk, gehou het. Twee terroriste het die kerk binnegekom en nadat hulle gyselaars geneem het, het hulle vader Hamel gedwing om voor sy gemeente te knie en hom net daar tereggestel.
Alhoewel dit skokkend is, is daar niks nuuts daaraan nie. Dit gebeur sedert die eerste eeu reeds met Christene.
Gister het ons gesels oor Petrus en Johannes wat gearresteer en met die dood gedreig was omdat hulle mense van Jesus vertel het. Hulle het nie teruggedeins vir dreigemente nie; ook nie voldoen aan die eise van hul vervolgers nie, maar hulle het met selfvertroue van God, wat mense lief genoeg gehad het om sy enigste Seun, Jesus, na hierdie wêreld te stuur, getuig.
En hulle het voortgegaan om so te bid:
Handelinge 4:29-30 En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”
Hulle het gevra vir vrymoedigheid om te midde van die vervolging voort te gaan om die Goeie Nuus van Jesus te verkondig.
Wees dapper wanneer vervolging oor jou pad kom, want God is by jou in daardie situasie.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.