God se Woord VARS vir jou Vandag

Van Drome tot Werklikheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3028

Send us a text

Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. 

Ek hou daarvan om te dagdroom – om aan dinge te dink wat my inspireer; ek peins daaroor, kyk hoe hulle vorm, dan weer verander, dan weer vorm. Ja, droom is baie pret. Maar daar is 'n groot verskil tussen ‘n droom en die werklikheid.

Howard Schultz is in 1953 in 'n arm gesin uit die werkersklas in Brooklyn, New York, gebore. Hy het in 'n swak, uitdagende woonbuurt grootgeword. Terwyl hy vir 'n Sweedse maatskappy wat kombuisware voorsien, gewerk het, het Schultz opgemerk dat 'n klein besigheid in Seattle, genaamd Starbucks, 'n groot aantal koffiemakers bestel.

Hy was onmiddellik geïnspireer en beïndruk en het by hulle gaan werk. Hy het later sy eie spesialiteits-koffiewinkel Il Giornale begin. Maar in 1987 het Schultz Starbucks gekoop en voortgegaan om dit van 'n klein onderneminkie in 'n wêreldwye koffie-handelsnaam te omskep.

Sy ongelooflike vordering vanuit 'n swak opvoeding in Brooklyn tot die bou van 'n wêreldwye mega-handelsnaam getuig van sy visie, maar ook van sy deursettingsvermoë en pure harde werk.

Hulle sê die afstand tussen jou drome en die werklikheid word 'aksie' genoem.

Spreuke 14:23 Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.

Om te kan droom is wonderlik, maar dit is nie genoeg nie. God verwag van ons om na Hom te luister, Hom te gehoorsaam en geloof in Hom te hê om magtige dinge te doen.

Maar Hy verwag ook van ons om hard daaraan te werk (wat ook al die ‘daaraan’ vir jou beteken). Want as jy hard werk, sal jy jou beloning ontvang. Maar as jy net oor jou drome praat en jy doen niks om jou drome te bewaarheid nie, sal jy vinnig nie genoeg hê om van te leef nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY