God se Woord VARS vir jou Vandag

Jesus se Liefdevolle Betrokkenheid (2)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3031

Send us a text

Markus 2:15-17 Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” 

Die samelewing is geneig om mense baie vinnig te oordeel -  mense wat anders as hulle lyk, wat anders as hulle glo, wat anders as hulle optree. Hoekom doen mense dit?

Wanneer iemand se gedrag nie aanvaarbaar is nie, veroordeel ons hulle summier, eerder as om te probeer verstaan wat hulle gedrag veroorsaak het. Dit kan iets uit die verlede wees wat hulle seergemaak het; dit kan die druk wees waaronder hulle tans verkeer; of sommer net menslike kwesbaarheid wat hulle sleg laat voel.

Nee, wag nou, ek sê nie mense moet nie verantwoordelik gehou word vir hul gedrag nie. Maar ek wonder hoe anders ons wêreld sou gewees het as gewone mense soos ek en jy hulle eenvoudig onvoorwaardelik kon liefhê.

Onthou jy vir Levi – die veragte, verstote tollenaar wat ons gister ontmoet het? Dieselfde een vir wie Jesus genooi het om by Hom aan te sluit?

Markus 2:15-17 Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Daardie baie ‘vername’ godsdiensleiers wou hê dat Jesus aan die een kant soos 'n dokter moes optree, maar aan die ander kant siek mense moes vermy. Hy het Hom nie aan hulle opinies gesteur nie. Hy steur Hom steeds nie aan mense se opinies nie.

 Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY