God se Woord VARS vir jou Vandag

Vriende wat jou Las ligter Maak

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3032

Send us a text

Job 6:14 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp. 

Sommige van jou vriende is sulke oulike mense, dat jy sommer wil glimlag as jy net aan hulle dink. Dit is 'n fantastiese gevoel, nè?

Ek het 'n goeie vriend in Suid-Afrika met die naam Jonathan. Hy is 'n radio-aanbieder wat die oggendprogram aanbied. Oggendprogramme is opgewek en vrolik … dit het ‘n vinnige tempo om jou in die regte gemoedstoestand te bring terwyl jy op pad werk toe is en teen die verkeer moet stoei.

En Jonathan is presies die regte ou om dit te doen. Maar ek ken hom ook wanneer hy nie op die lug is nie. Ek gaan by hom tuis wanneer ek in sy area is. Sy lewe is nie sonder uitdagings nie. Sy dag begin met daardie baie, baie vroeë oggende, 'n lang rit na die radiostasie en 'n verstandelik gestremde dogter by die huis, wat dit nie maklik vir hom en sy vrou maak nie. En tog is hy een van die beste vriende waarop jy ooit kan hoop – op die lug en veral van die lug af.

Jonathan se eienskap wat vir my uitstaan, is sy vriendelikheid. En dit is waaroor vriendskap gaan. Hoe kan iemand dan ‘n vriend sonder vriendelikheid wees?

Job 6:14 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

Om 'n goeie vriend, 'n vriendelike vriend te hê, is 'n ongelooflike goddelike gawe. Wanneer ons aan die ontvangkant van daardie soort vriendskap is, waardeer ons dit ontsettend baie. En ons weet dat God dit ook hoog ag.

 Ja-nee, goeie vriende maak so 'n verskil. Hulle verlig jou las, hulle verminder jou stres. Maak seker dat jy jouself omring met 'n handvol goeie en godvresende vriende. En wat jy ook al doen, wees ook daardie soort vriend vir ander. “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY