
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Versigtig met wat julle Oorsien
1 Korintiërs 5:9 -13 In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat ’n onsedelike lewe lei nie. Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat! Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan ’n onsedelike lewe lei of ’n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie. Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak. Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: “Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder.” (NIV)
Dit is ‘n siekte van ons tyd om ander mense te beskuldig en te veroordeel. En dis hartseer om te sê, maar dit lyk asof dit ook 'n gunsteling tydverdryf vir baie Christene is.
Voordat ek 'n Christen geword het, was ek 'n regte buffel. Boonop was ek ook amper heeltemal onkundig oor die dinge van God. Die manier waarop ek geleef het en die wyse waarop ek mense behandel het, het vir my volkome sin gemaak. As iemand my op daardie stadium sou veroordeel, sou dit absoluut geen verskil aan my gedrag gemaak het nie, dit sou soos water van ‘n eend se rug afgeloop het.
Maar weet jy, wanneer ons besig is om die vinger te wys na die sondaars daar buite, kan ons vind dat ons ons eie slegte gedrag ignoreer. So, hier is die apostel Paulus om ons te help om ons skynheiligheid uitgesorteer te kry:
1 Korintiërs 5:9-13 In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat ’n onsedelike lewe lei nie. Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat! Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan ’n onsedelike lewe lei of ’n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie. Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak. Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: “Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder.” (NIV).
Soos John Wesley dit gestel het, Wat een generasie duld, sal die volgende generasie omhels. Moenie slegte gedrag onder gelowiges duld nie … anders word dit die norm. En ons het die afgelope tyd te veel daarvan gesien.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.