God se Woord VARS vir jou Vandag

Vergewe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3034

Send us a text

Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. 

Ek het vandag ‘n vraag vir jou, nee, eintlik 'n paar vragies. Wie is die een, of twee, mense in jou lewe wat jou die seerste gemaak het? En sê my, kon jy hulle vergewe? Ek bedoel, het jy hulle heeltemal vergewe en vrygespreek asof hulle jou nooit seergemaak het nie?

Daar is een man in my lewe wat my op die ergste moontlike manier, meer as enigiemand anders op die planeet, verraai het. En ek sal eerlik wees met jou, om hom daagliks vir die afgelope dertig jaar te vergewe, is 'n voortdurende stryd.

Nouja, ek ken die teorie. Vergifnis maak jou vry - en dis waar. En God vergewe, en daarom is Hy so vasbeslote dat ons ander mense moet vergewe.

Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

So, kom ons kyk weer na die een of twee mense wat jou seerder gemaak het as enige ander mense. Soos jy op hierdie oomblik aan hom, haar, of hulle dink … ek bedoel as jy hulle nou op straat sou raakloop, sal jy vriendelik en liefdevol teenoor hulle kan wees?

Het jy hulle inderdaad vergewe soos God jou, deur jou geloof in die dood van Jesus aan die Kruis, vir jou sondes vergewe het?

Vir my was vergifnis nie 'n eenmalige ding nie. In my ervaring moet jy dit herhaaldelik, oor en oor kies, selfs al het die oortreding jare gelede plaasgevind. Elke keer as jy onthou, kan jy kies om weer te vergewe - dit gee jou vryheid, vreugde en vrede.

Moenie toelaat dat bitterheid jou lewe verwoes nie. Moenie toelaat dat jou onvergewensgesindheid 'n wig tussen jou en God indryf nie.

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

 Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY