God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Verborge Potensiaal

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3037

Send us a text

Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) 

Weet jy wat regtig tragies is? Wanneer iemand nooit sy volle potensiaal bereik nie omdat die wêreld nie sy potensiaal kan raaksien nie. Wat nog erger is, is wanneer die persoon self dit nie eers raaksien nie. Dit is so 'n tragedie! So watter verborge talent skuil in jou?

Hedy Lamarr is veral bekend as 'n Hollywood-aktrise van die 1930's en 40's. Sy het in baie suksesvolle rolprente gespeel en was as een van die mooiste en glansrykste vroue van haar tyd beskou.

So jy kan sien hoe maklik dit vir die pers en die publiek was om haar as net nog 'n aktrise met 'n pragtige voorkoms te bestempel. Maar Hedy se talente was meer as dit wat mense bewonder het. Sy was ook 'n uitvinder.

Sy was baie besorg oor die oorlog, en sy het saam met die komponis, George Antheil, gewerk. Hulle het ‘n stelsel ontwerp waardeur hulle die radiokommunikasietegnologie ontwikkel het, wat die versteuring van torpedo-seine deur vyandelike magte, voorkom het.

Daardie uitvinding het die grondslag gelê vir vandag se draadlose kommunikasietegnologie, insluitend Wi-Fi, Bluetooth en GPS. Ja, hulle sê mos feite is soms vreemder as verdigsels.

Maar daar is 'n baie goeie rede hoekom wonderlike dinge soos hierdie gebeur....

Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV)

En moenie dink jy is ‘n uitsondering nie, jy is ook besonder en wonderlik gemaak. Jy het ook die potensiaal wat God in jou DNA ingeweef het, terwyl jy nog in jou ma se baarmoeder was. Moenie dit ignoreer nie!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY