
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Onderstebo en Agterstevoor
Matteus19:29-30 En elkeen wat ’n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of ’n pa of ’n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees.
Ons moet elkeen êrens langs die pad opofferings maak. Maar het jy al ooit gewonder wat 'n opoffering werklik van ‘n mens gaan vra? Want as jy dit nie verstaan nie, dan wonder jy sommer hoekom jy jou tyd daarmee moet mors?
'n Opoffering is om iets wat jy vandag wil hê, prys te gee omdat dit op die lange duur ‘n beter uitkoms gaan gee. 'n Skaakspeler kan 'n biskop opoffer om sy teenstander uit te lok om 'n skuif te maak, wat ontwerp is om hom sy koningin te verower.
’n Ma sal haar eie gemak opoffer en dikwels haar eie behoeftes ondergeskik stel daaraan om haar kinders die allerbeste opvoeding te gee wat sy kan. Wanneer jy die opofferings maak, is dit nooit aangenaam nie; dit is selde glansryk en dit gaan dikwels ongemerk verby.
Watter opofferings het jy al op jou lewensreis gemaak? Was hulle die moeite werd, of wonder jy nog steeds? Jesus het nogal baie gepraat oor die opofferings wat Hy ons roep om te maak … maar Hy het dit baie duidelik gestel dat daar ‘n wonderlike uitkoms op ons wag.
Matteus 19:29-30 En elkeen wat ’n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of ’n pa of ’n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees.
Mense praat nie dikwels hieroor nie, maar dit is moeilik om Jesus te volg. Jy moet sekere dinge prysgee – soms, nogal baie van hulle. Maar in die onderstebo, agterstevoor ekonomie van God se koninkryk, sal diegene wat vandag ter wille van Hom laaste is, vir alle ewigheid eerste wees. Moenie moed verloor nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.