God se Woord VARS vir jou Vandag

Hy het my Smeekgebede Gehoor

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3040

Send us a text

Psalm 116:1-6 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. 

‘n Rukkie gelede het ek vroeg die oggend, terwyl dit nog pikdonker was en terwyl ek besig was om ‘n VARS-boodskap voor te berei, 'n kat buite my studeerkamervenster wanhopig hoor miaau. Dit het net vir 'n paar minute aangehou, maar daardie jammerlike kreet het my bygebly.

 

Dit was regtig spookagtig, want dit het my teruggevoer na daardie paar kere in my lewe toe my pyn so verskriklik erg was en ek so moedeloos gevoel het, dat ek niks anders kon doen as om net te sit en snik nie.

 

Ek weet nie hoe jou lewe verloop nie, maar enigiemand wat al baie lewenservaring opgedoen het, het sekerlik ook al sulke emosies ervaar. Vir my het hierdie woorde gevoel asof dit net vir my geskryf is:

 

Psalm 116:1-4 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” 

 

Ja, my vriend, ek het ook na Hom geroep. Here, red my tog! En weet jy, Hy het net soos vir die psalmis, my gered.

 

Psalm 116:5-7 Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered.

 

As die seer jou oorweldig en jy nie woorde het nie, roep tot God. Hy sal jou hoor. Hy sal jou red. Hy sal jou beskerm. Hy sal vir jou sy vrede gee.

 

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY