God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Geskenk

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3041

Send us a text

Romeine 8:31-32 Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? (NLV) 

Daar gaan tye in jou lewe wees wanneer dinge net te veel word vir jou; wanneer mense, omstandighede en selfs jou eie onnoselheid teen jou tel; wanneer jy net in 'n balletjie wil opkrul en vergaan. Dit gebeur met ons almal.

Geniet dit wanneer dit goed gaan, wanneer die lewe maklik is! Maar kom ons wees realisties, daardie tye hou nie vir ewig aan nie. Dinge gebeur wat die hele spul omverwerp. En aanvanklik is ons nog mans genoeg om die situasie te hanteer … totdat ons nie meer kan nie, totdat daardie laaste druppel die emmer laat oorloop.

Soos die jare aangestap het, was dit vir my 'n kosbare openbaring om te besef dat ek dit nie alles op my eie kan of hoef te hanteer nie. Nie een van ons kan nie. En weet jy wat? Dit is 'n goeie ding.

Romeine 8:31-32 Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie? (NLV)

Kom ons verstaan dit mooi: God het sy Beste vir ons gegee. Jesus, sy Seun, het gely en aan die Kruis gesterf om vir ons sonde te betaal sodat ons, wanneer ons in Hom glo, die gratis gawe van die ewige lewe kan ontvang.

Sal Hy nie daar wees vir jou wanneer jy swaarkry nie? Sal Hy jou hulpkrete ignoreer? Nee nooit nie! Want as Hy bereid was om so ver te gaan vir jou, kan jy nie vir een oomblik twyfel daaraan dat Hy enigiets vir jou sal doen nie.

As God nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgegee het, sal Hy nie saam met Hom ook alle ander dinge aan ons skenk nie?

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY