God se Woord VARS vir jou Vandag

Hoekom is Ek Neerslagtig?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3042

Send us a text

Psalm 42:5 -6 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder. 

As jy nou regtig neerslagtig wil voel, moet jy aan die vleispotte van Egipte terugdink. Jy moet dink aan die goeie ou dae en aan die kommerlose tyd van ouds. Wat het verkeerd geloop? Hoekom kan dinge nie weer só wees nie? Hoekom sukkel ek om kop bo water te hou?

Wanneer jy jouself toelaat om te tob oor wat jy verloor het, laat dit die slegte tye inderdaad baie slegter voel; die donker tye baie donkerder; jy voel absoluut geïsoleer. Dit is hoekom dit gedurende daardie tye voel asof jy die enigste een is wat harde bene kou. Maar wees verseker, wanneer jy jouself op daardie plek bevind, staan jy nie alleen in die stryd nie.

In 1717 is die Franse skrywer en filosoof, Voltaire, in die berugte Bastille in Parys gevange gehou. As ‘n vurige vegter vir burgerregte en ‘n man met ‘n skerp sin vir humor was die Franse regering nou nie heeltemal uitbundig opgewonde oor sy satiriese geskrifte nie!

Hy het in ‘n brief aan ‘n vriend sy groot nood beskryf en die goeie ou dae en die vryheid wat hy verloor het, betreur. So, onthou jy is nie die enigste een wat mismoedig voel nie. Ons is almal geneig om so te voel wanneer ons iets verloor. Kyk wat skryf die psalmis terwyl hy in ballingskap is ...

Psalm 42:5-6 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder.

En my vriend, dit is die antwoord wanneer die versengende pyn van verlies soos 'n mes deur jou hart sny. Wag vir God se hulp. Wag geduldig, wag met hoop in jou hart, ten spyte van jou omstandighede en jou somber emosies.

Uit ondervinding kan ek vir jou sê: plaas jou hoop op God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY