
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Rit op die Tuimeltrein
Psalm 42:9-10 Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”
Gedurende moeilike tye in ons lewe bevind ons onsself op 'n emosionele tuimeltrein, oftewel ‘n rollercoaster. En net sodra jy weer op jou voete te lande gekom het, lyk dit asof jou emosies jou tot in die diepste put van wanhoop laat afdaal.
Jy sal dalk belangstel om te weet dat die wêreld se grootste tuimeltrein "Kingda Ka" genoem word. Dit is geleë in 'n pretpark in Jackson, New Jersey in Amerika. Kingda Ka lanseer jou van 0 tot 128 myl per uur (dit is 'n bietjie meer as 200 kilometer per uur) in net 3,5 sekondes.
Die eerste senutergende tuimel is 'n vertikale duik van 'n hoogte van 456 voet (139 meter). En dis net die begin... En kan jy dit glo, so ongelooflik as wat dit klink, betaal die mense eintlik groot geld hiervoor!
Dis beslis nie vir papbroeke nie! Maar toemaar, in ons eie pretpark van die lewe, kry ons meer as genoeg opwinding op ons eie emosionele tuimeltrein - gratis!
En moet jouself asseblief nie verbeel dat jy immuun hierteen is nie. Dit maak nie saak hoe goed aangepas; hoe emosioneel stabiel; hoe koelkop jy dink jy is nie, snaakse dinge gebeur, of hoe?
Ons het hierdie psalmis gister ontmoet, so kom laat hom toe om ons te wys hoe sy tuimeltrein in die spasie van net 'n paar sinne ‘n massiewe vertikale duik neem:
Psalm 42:9-10 Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”
My vriend dis hoe dit werk - op en af. Maar onthou God is met jou elke sekonde van die rit. Vertrou op Hom.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.