God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Ware Christelike Lewe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3048

Send us a text

Spreuke10:9-11 Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld. 

Egtheid en integriteit is eienskappe wat die meeste van ons baie hoog ag. Ongelukkig word ordentlikheid en waarheid deesdae deur 'n wêreld wat meer belangstel in persoonlike gewin, geminag en afgeskiet.

Dit is natuurlik niks nuuts nie. In die laat 18de eeu het slawehandel nog ‘n groot deel van die Britse ekonomie uitgemaak. Die transatlantiese slawehandel was 'n wrede winsgewende bedryf wat ook miljoene mense uit Afrika ingesluit en ontwortel het.

‘n Britse politikus en toegewyde Christen, William Wilberforce, was ‘n leiersfiguur in die beweging om slawehandel af te skaf. Ten spyte van geweldige teenstand van diegene wat uit die handel voordeel getrek het, was Wilberforce onwrikbaar in sy oortuiging dat slawerny moreel verkeerd was.

Die meerderheid mense het hom uit eie finansiële belang teëgestaan. Maar in 1807 het die Britse parlement uiteindelik die Slawehandelswet goedgekeur en daardeur slawehandel dwarsdeur die Britse Ryk onwettig verklaar.

Daar gaan tye wees wanneer jou eerlikheid en algemene ordentlikheid ook deur ander mense verwerp gaan word wanneer dit met hulle belange bots. So luister wat staan in:

 Spreuke 10:9-11 Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk; agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

Wees betroubaar. Wees eg. Wees dieselfde mens in die openbaar, as wat jy is, wanneer niemand jou sien nie. Leef eerlik, sonder skynheiligheid, selfs wanneer mense onredelik teenoor jou is. Ja, veral dan, want op die ou end sal die waarheid seëvier.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY