God se Woord VARS vir jou Vandag

Dis Waaroor Dit Gaan

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3049

Send us a text

Matteus 22:37-39 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 

Hoe vinniger die lewenstempo raak en hoe meer druk daar op ons is deur al die duisende dinge wat ons dag vir dag moet doen … hoe meer onbedagsaam, hoe meer transaksioneel en hoe meer ongevoelig word ons in ons optrede.

Wat is iets wat jy dag vir dag outomaties doen? Miskien is dit om die kinders se middagetes te maak en hulle skool toe te neem? Of dalk ry jy elke dag dieselfde roete in dieselfde ellendige verkeer werk toe? Of wat van al die lastige e-posse wat jou aandag nodig het en wat net nooit ophou om in jou in-kassie te verskyn nie?

Terwyl jy terugstaan en daardie herhalende, roetine-take objektief oorweeg; dink jy ooit aan die mense rondom jou, jou kinders, die ander bestuurders, diegene wat vir jou die e-posse gestuur het? Dit is so maklik, om daardie prul-takies te doen sonder om ander mense in ag te neem. En, as jy 'n gelowige is, vra jouself af: doen jy dit ook soms sonder om God in ag te neem?

Op die vraag van die een of ander jong wetsgeleerde oor wat die belangrikste ding in die lewe eintlik is, het Jesus geantwoord: 

Matteus 22:37-39 ...“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’’

Jesus stel dit so eenvoudig... moenie dinge kompliseer nie. Kom ons gaan terug na die basiese beginsels, na dít wat regtig saakmaak. Maar, my vriend, wanneer jy al daardie dinge in jou dag inprop, bly voortdurend bewus van God se teenwoordigheid.

Ja, en pas daardie liefde toe: moenie jou humeur met die kinders verloor nie; moenie jou toeter vir die ander bestuurders blaas nie; en moenie vergeet om 'n woord van bemoediging by daardie e-pos te voeg nie.

Wees lief vir God. Wees lief vir ander.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY