God se Woord VARS vir jou Vandag

Moenie Berge van Molshope Maak Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3053

Send us a text

Jesaja 40:25-26 ““Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een. Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) 

Wanneer jy 'n probleem ervaar, is dit regtig maklik om die omvang daarvan te oorskat. Jy maak sommer gou ‘n berg van ‘n molshoop! Hoe meer hartseer die probleem vir jou veroorsaak, hoe groter word dit. Dit is net natuurlik. Wat jy nodig het, is die korrekte perspektief op die probleem.

Kan jy vir ‘n oomblik daaraan dink dat indien die son hol was, jy 1,3 miljoen van ons aardes daarin sou kon inpas. Dis die reine waarheid – 1,3 miljoen! Tog word die son as slegs 'n medium grootte ster in die bekende heelal geklassifiseer.

Die sterrekundiges skat dat daar triljoene sterre in die bekende heelal is. Dit laat jou heeltemal klein voel, nè? 

 God vra in:

 Jesaja 40:25-26 “Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een. Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV)

 So, kom ons kyk nou na wat die ware perspektief is ten opsigte van daardie probleem, waarmee ons elkeen op die oomblik te kampe het. Verbeel jou vir een oomblik dat dié God wat al hierdie triljoene sterre geskep het, die God wat elke ster se naam ken, nie in staat is om in te tree om jou met jou probleem te help nie?

Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY