God se Woord VARS vir jou Vandag

Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3064

Send us a text

Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) 

Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie deur middel van tegnologie kan kommunikeer  nie.

In die 1950's, toe my pa, wat ná die oorlog uit Europa na Australië geëmigreer het, vir my ma, wat nog in Oostenryk was, wou vra om te trou, het dit byna drie maande geneem vir sy brief om haar te bereik en vir haar antwoord om by hom uit te kom.

Kom ons vergelyk dit met die blits-kommunikasie van vandag: Ek was onlangs in 'n raadsvergadering in Sydney, toe ek per foon van ons Afrika-direkteur, wat 'n radiostasie in Zanzibar besoek het, ’n boodskap ontvang het. Dit is maklik om dit deesdae as vanselfsprekend te aanvaar, maar dink daaraan - dit is eintlik ongelooflik!

Maar hoe vinniger en geriefliker ons kommunikasie raak, hoe meer geïsoleerd raak ons. Hoe gerieflik is dit nie vandag om ‘n onpersoonlike boodskap, sommer uit te stuur, sonder om eers aan die persoon te dink?

Sommige van die e-posse wat ek ontvang; die teksboodskappe; die kommentaar op sosiale media, is nie slegs kortaf nie, maar sommer onbeskof. Dit is regtig ‘n kwessie. Dink ‘n bietjie aan die manier waarop jy jou digitale kommunikasie gebruik en vergelyk dit met hierdie raad in:

Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

Of, soos een van my Facebook-vriende onlangs gesê het: trap suutjies en verstandig oor die klippertjies. Lewer ‘n positiewe bydrae, moenie verdeeldheid saai nie. Gaan jou feite na. Weerstaan dit om die spot te dryf of iemand te verneder. Skep pragtige inhoud. Moenie deel wees van die bitterheid van hierdie wêreld nie; wees positief, selfs wanneer jy nie saamstem nie.

Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY