God se Woord VARS vir jou Vandag

Koersvastheid is Noodsaaklik

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 25 Episode 3065

Send us a text

1 Korintiërs 15:58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (NLV) 

Koersvastheid kan lei tot sukses. Die persoon wat konsekwent sy doel voor oë hou; wat vas staan ten spyte van die druk, die verwarring, die uitputting, die rondomtalie spel van sy emosies, is geïnspireer om suksesvol te wees.

Met die Slag van Jutland tydens die Eerste Wêreldoorlog het admiraal David Beatty die Britse aanvalsvloot teen die Duitse vloot gelei. Die feit dat Beatty gedurende die vroeë fases van die geveg gereeld van koers en taktiek verander het, het ‘n groot probleem veroorsaak. Daardie versuim om die vyand aan te val, het gelei tot verwarring, swak kommunikasie en uiteindelik swaar Britse verliese.

Ja, dis reg, Beatty se inkonsekwentheid het daardie dag die geleentheid vir 'n beslissende Britse oorwinning, ter see, verspeel.

Aan die ander kant van die spektrum het ek onlangs iets gelees wat my regtig baie geïnteresseer het. Dit word, die reël van een honderd genoem. Dit bepaal dat indien jy ‘n honderd uur per jaar aan enige area, byvoorbeeld ‘n studieveld spandeer (wat minder as sewentien minute per dag is) sal jy beter as 95% van die wêreld se mense in daardie area wees. Ek weet nie hoe akkuraat dit is nie, maar dit maak baie sin.

So hoe konsekwent is jy, kom ons sê, in jou geloofswandel; in jou pogings om Jesus te volg?

1 Korintiërs 15:58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (NLV)

Uitdagings, struikelblokke, uitputting en moedeloosheid sal alles oor jou pad kom as jy Jesus volg waar Hy jou lei. Wees dus sterk. Wy jouself ten volle aan dít waartoe Hy jou ook al geroep het.

...want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY