
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
God se Woord VARS vir jou Vandag
Onbeperkte Krag: Hoe om die krag wat reeds joune in Christus is, te bekom.
•
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
•
Season 25
Hallo, ek is Jokkie Gauche vir Berni Dymet en ons vertaal en vervaardig die Afrikaanse VARS boodskappe wat jy gereëld hier hoor.
Berni wil jou graag uitnooi om by hom aan te sluit vir 'n heerlike ontbyt met 'n inspirerende tema: Onbeperkte Krag: Hoe om die krag wat reeds joune in Christus is, te bekom.
Kom word bemoedig deur opbouende gesprekke, betekenisvolle verhoudings en aanmoediging om die seisoen waarin ons is, met geloof en moed te hanteer.
Dis Saterdag 26 Julie om 9.15 by die Encore restaurant en konferensiesentrum in die Kaap.
Gaan na powerbreakfast.co.za om te bespreek.
Al die inligting is daar.
Onthou! Bespreek by powerbreakfast.co.za.